Grietha Maré – Gebore 12 Mei 1949 – Oorlede 17 Maart 2000
Op hierdie dag, 60 jaar gelede, is ‘n dogtertjie gebore. Wat later vrou sou word en op haar beurt, ook ‘n seuntjie sou hê.
Dankie MaGrietha, vir die seun wat jy gehad het en groot gemaak het. Die seun wat my grootste skat op aarde sou word. Die middelpunt waarom my sterrestelsel draai. My begin en einde.
Ons onthou . . .
Krista
. . . en dankie ook aan jou my Lyfie, dat jy die moed van jou oortuigings en die guts gehad het om die job wat MaGrietha begin het, so mooi klaar te maak.
Op die twee vroue in my lewe.
Ons ken hom, tannie. Dankie van ons kant af ook… H & B xx
Van ons kant ook “Tannie baie dankie”!!! Teddie en Wip
x x
Baie geluk tannie MaGrietha, al maak dit seker nie rerig vir jou saak nie! Maar thanks vir hierdie dierbare seun van jou en sy onhebbelike dierbare vroutjie! (Ek het hulle nog net nie gesien nie, maar ek ken hulle!)
Pragtig!