Obviously het julle nie verstaan van: “ask me no questions . . ” nie.
Here goes:
Q: Wat is die EEN ding wat PJ doen wat die witwarmwillehel uit jou irriteer en as jy enige iets kon/wou doen aan hom op daai stadium, wat sou dit wees?
A: Daar is actually 2:
♥ Plasie sê “uhmmm . . .” en dan los ek alles en luister, maar dan is hy eintlik nog besig om te dink en nog glad nie reg om te sê nie, en dan moet ek wag (en dan verloor ek belangstelling);
♥ ek kan nie my mind opmaak nie (Libra), Plasie het genoeg van die Libra geêrf om ook so te wees. As ek nie kan/wil besluit nie, dan vra ek gewoonlik vir hom om die keuse te maak, wat hy dan nie kan/wil doen nie en dan irriteer ons gewoonlik die witwarm waks uitmekaar uit. So gaan ons dan gewoonlik NIE fliek nie, NIE eet nie, NIE kuier nie, NIE rondry nie, NIE shopping nie. . .
Gewoonlik wil ek hom net skud, geen wapens ingedagte nie . . .
Q: Wat het jy na skool gaan doen?
A: Ek het gaan werk.
Q: Het Plasie op jou gegroei of was jy nog altyd sot verlief op die siel?
A: He was annoying at first, but it got better.
Q: Honde of katte?
A: Honde (EK is die baas!)
Q: Dullstroom / Clarins / Franschhoek / Pretoria ? Hoekom
A: Dullstroom – ek vis nie; Franschoek is cool agv die tjoklits; Clarens is cool agv die Mozart-koek by die kat-shop, Pretoria is cool agv die Jakaranda’s en omdat ek hier bly
Q: Huil jy maklik?
A: Dit hang af van watter tyd van die maand dit is (en wat Plasie gedoen het/nie gedoen het nie/moes doen)
Q: Hoe kwaai is jy regtig?
A: Ek is moer kwaai! (ek is nie regtig nie, maar almal is bang vir my, so ek moet seker wees)
Q: As jy iets oor sou wou doen (he) in jou lewe… wat sal dit wees?
A: Ek sou harder geleer het op skool vir ‘n beurs en gaan medies swot het.
Q: Hou jy van jou dag job? Wat sou iy in hart van harte wou doen?
A: Nee. Ek wil graag voltyds vir kinders skryf en kinders bederf en hulle seer wegvat.
Q: Snork PJ?
A: Gee koeie melk? Issit ‘n vraag of ‘n stelling?
Q: Wat is die mooiste woorde wat jy al gehoor het?
A: PJ: Ek is lief vir jou.
Q: Het jy ‘n gunsteling sex position?
A: Ja. Heeeee-ha!
Q: Wat was eerste, die hoender of die eier?
A: Die hoender. Die Here het nie eiers gelê/geplant nie. Adam het hulle ook nie uitgebroei nie.
Q: Hoe oud was jy toe jy jou eerste soen gehad het. En wat was die ou se naam?
A: 5 minute. Dit was ‘n sy.
Q: Wat van om getroud te wees, like jy die meeste? (m.a.w. iets wat nou is/gebeur wat nie so was toe jy NIE getroud was ne)
A: Die gevoel van “behoort” (nie behoort AAN nie, net behoort)
Q: Is daar enige iets in jou lewe wat jy gedoen/gesê het, wat jy regret?
A: My motto is: rather be sorry for something you’ve done, than for something that you didn’t do”. Dus: Jip.
Q: Jou gunsteling vakansieplek in die wereld en hoekom?
A: Ek was nog nie buite die land se grense nie, so binnelands is die die bosveld (enige plek waar PJ mens kan voel en naby kameelperde) en aan die kus: Scottburgh.
Q: Hoekom het ek die idee jy’s ‘n kwaai vroutjie? Is dit die die waarheid?
A: Ek vat net nie k@k nie.
Q: Wat maak jou kwaad?
A: Hoeveel dae het jy? Kinders en diere en oumense wat mishandel word – emosioneel of fisies. Dwislike bestuurders. Onbevoegde personeel. Kospryse. Die lys is nimmereindigend.
Q: Word jy gou kwaad?
A: Jip.
Q: Is jy baie jaloers?
A: Nee. Ek beskerm wat myne/spesiaal is en hou my oë oop vir slaggate.
Q: Hoeveel siblings het jy? Ouer, jonger, geslag?
A: Een jonger broer.
Q: Hoe belangrik is jou siblings in jou lewe?
A: Hy is daar. Ons is nie baie “tight” nie – hy is 9 jaar jonger en dus ‘n ander generasie.
Q: Is Plasie reg as hy altyd aangaan oor hoe…eh…moeilik…jy is ‘daai’ tyd vannie maand?
A: Nee gonna, waar kom hy daaraan? Plasie, jy moenie vir die mense so lieg nie! Wag, laat ek net my piksteel gaan bêre . . .
Q: Rook jy?
A: Neeeeeeee!!!!!!!!!!! Wat jy waar kry? (OK, so af en toe saam met BB, maar ek rook mos nie eintlik nie!)
Q: Beplan jy om eendag ‘n boek te skryf? (Want ek dink jy mag maar.)
A: ‘n Boek waaroor?
Q: Kan jy mooi teken?
A: Ek maak gereeld my handtekening na ek die kaart geswipe het, maar prentjies? Nee, glad nie. You can’t have it all, afterall . . . (hiehiehie)
Q: Hou jy van tuinmaak?
A: Nope. Ek kry soms die gevoel om in die tuin te werskaf en iets te plant of uit te trek, maar ek gaan lê dan gewoonlik tot die gevoel oorgaan.
Q: Hou jy van ‘tuisteskepping’? Jy weet, huisie-huisie speel.
A: Sien bo.
Q: Sal jy eendag die Comrades wil hardloop?
A: Dis net mense wat gejaag word, wat hardloop. Ek ry eerder.
Q: Kan jy ‘n musiekinstrument bespeel? Brei uit, asb!
A: Tel die radio?
Q: Het jy al Ice Age 3 gaan kyk? Indien wel, hoe vergelyk dit met Ice Age 1 en 2? Watter een was jou gunsteling?
A: Nope, ek wil nog (wink-wink, nudge-nudge @ PJ). Ek hou meer van 2 as van 1. Ek wil ook UP gaan sien (wink-wink, nudge-nudge @ PJ).
Q: Wat was die wildste/skandaligste ding wat jy al ooit gedoen het?
A: Daar was die keer by die inry en daar was die keer by die reservoir . . . hey look, a butterfly . . !
Q: Jou gunsteling flatervrye mince reseppie, asb.
A: Mince? Uie, greenpepper, mushrooms, tamaties, olyfolie, basil, spices . . . kry eerder pizza.
Q: Ja, hoe lyk jou panteie? (Dis goeie Afrikaans vir panties, so btw) Katoen, nylon, hi-cut, bikini…?
A: Ek dra nie sulke goed nie. (Assit nou moet – soos as ons uitgaan of so . . . hi-cut)
Q: Het jy enige ritueeltjies wat ander mense mal maak maar wat jy dink doodnormaal is?
A: Nope. Het ek?
Q: Is jy ‘n Steve Hofmeyr fan?
A: Met tye, meestal nie. Ek hou van sy musiek en dink hy’t ‘n besonderse stem. As man? Nope.
Q: Dink jy Steve is sexy?
A: *Blegh*
Q: Maak julle in stilligheid planne om te emigreer? Indien wel, waarheen en hoekom juis daarheen?
A: Nog geen plan nie, te min geld. Tel die Wes-Kaap?
Q: Watse soort bakleier is jy? As jy met Plasie baklei:
a) skreeu jy - nee
b) sulk en prut stilweg - soms
c) gooi jy blompotte stukkend - I wish I could
d) kyk jy na ‘n steakmes met nuwe oe? - soms
e) gaan sit rustig en praat dit uit soos ‘n goeie grootmens betaam - gewoonlik
f) ‘n kombinasie van bogenoemde? – soms
Q: Speel jy games oppie rekenaar?
A: Jip
Q: Watter tipe vrou is jy? (Ek stel nogal baie belang in hierdie een.) Girly? Bietjie butch? No-nonsense? Hou jy van pienk en frilletjies en valletjies? En parfuum en make-up? Hou jy van skoene en klere en handsakke?
A: Ek dink ‘n bietjie van als, hang af watter tyd van die maand dit is. Skoene en handsakke definitief. Dra nie make-up nie. Hou van lekker ruik. Geen pienk, frilletjies en valletjies nie – ek is nie ‘n bloomer nie.
Q: Vertikaal of horisontaal?
A: Ek verkies om plat te slaap, my rug word seer as ek staan en slaap.
Q: Sal jy paaldanslesse saam met my gaan doen?
A: Eeerder bellydanse, maar ek weet nie of dit haalbaar is met dylsexia nie.
Q: Wat beskou jy as dié ultimate kinkyness (irrelevant of whether you’ll actually do it or not)?
A: Tried whipped cream in a can, ate the chocolate bodypaint with a spoon. Waiting for summer to try ice cubes . . .
En nou weet julle alles.
Krista